27 dae gelede
Twee dood in botsing
Tragedy at Joburg high school as 3 teachers die in
Twee mense is in 'n ongeluk in die Baai dood.  ~ Foto ter illustrasie

TWEE mense van die Baai is die afgelope naweek in 'n kop-aan-kop botsing dood.

Die ongeluk het Saterdagaand om 22:10 op die hoek van Old Uitenhage Road en Booysens Park Drive in Bethelsdorp plaasgevind.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê in 'n verklaring 'n swart Volkswagen Golf met vyf passasiers het vanaf Kleinskool in die rigting van Uitenhage gery.

"Daar word verder beweer die Golf het aan die verkeerde kant van die pad gery en van voor teen 'n Dodge Caliber gebots."

Janse van Rensburg sê die bestuurder en een van die passasiers in die Golf is op die toneel dood. Die ander passasiers is hospitaal toe geneem.

Die polisie in Despatch ondersoek 'n klag van strafbare manslag.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters