2 maande gelede
Twee dodge die dock
Bradley Berges Foto’s: theo jeptha  ~ 

TWEE mense wat byna twee jaar terug gewond is in ’n skietvoorval by ’n huis in Schauderville, weier om nou in die verhoor te getuig.

Twee mense is in die skietery dood.

Bradley Berges (23) van Schauderville en Given Cornelius (27) van Booysenpark word verdink van die skietdood van Reagan Russell en Reagan Fourie.

Hulle is op 4 November 2017 tydens ’n after tears-funksie by ’n huis in Schauderville geskiet.

Roep

Konst. N. Nckaza, ondersoekbeampte in die saak, is ook verbonde aan die provinsiale bende-eenheid.

Hy het gister by die getuiebank ingeskuif.

Nckaza het gister aangedui die staat gaan nie die twee mense wat gewond is, roep om te getuig nie.

Volgens Nckaza het een van die klaers se familie aangedui hy moenie getuig nie – al is hy in die skietvoorval beseer.

Nckaza het gesê hy het met die klaer se ma gepraat.

Volgens haar het sy haar seun aangeraai om nie te getuig nie.

Hy het getuig die ma het gesê haar seun het reeds die skietvoorval oorleef.

Volgens hom wil die ma nie haar seun verloor deurdat hy in die hof getuig nie.

Die ondersoek­beampte het gesê die ma het hom meegedeel sy lees baie mense word geskiet terwyl hulle staatsgetuies is.

Volgens die ondersoek­beampte het die klaer ook persoonlik bevestig hy wil nie getuig nie.

Nckaza het gesê hy het op 19 April – kort voordat die verhoor begin het – reeds verneem die betrokke klaer gaan nie meer getuig nie.

Hy het gesê hy weet nie presies watter beserings die klaer alles opgedoen het nie.

Volgens Nckaza het die klaagster ook aangedui sy gaan nie getuig nie.

Sy het verduidelik sy wil aangaan met haar lewe en nie terugdink aan wat gebeur het nie.

Nckaza het voorts getuig daar was geen manier dat hy die klaagster kon oortuig om wel in die hof te kom getuig nie.

Adv. Garth Baartman, die staatsaanklaer, het ’n J88-vorm aan die hof voorgehou waarin die eerste klaer se beserings uiteengesit word.

Volgens Baartman is ’n verklaring aan die betrokke vorm geheg. Hy het gesê die vorm is op 30 Januarie ver­lede jaar voltooi.

Berges se lawyer, Gerrit Cillié, het beswaar gemaak teen die blote ophaal van die vorm.

Cillié het die hof versoek dat die dokter self moet kom getuig oor die beserings aangesien die klaer dit nie gaan kom doen nie.

Regter Irma Schoeman het die hof toe vir ’n wyle verdaag.

Dit was om Baartman kans te gee om by die dokter te hoor wanneer hy gereed sal wees om te getuig.

Toe die verrigtinge hervat is, het Baartman aan Schoeman gesê hy het die dokter probeer bel, maar sy foon lui net.

Nagskof

Baartman het ook aangedui hy het vir die dokter ’n WhatsApp-boodskap gestuur het, maar die dokter het toe nog nie daarop ge­reageer nie.

Hy het aan die hof gesê dié dokter werk nagskof en slaap heel waarskynlik.

Schoeman het die saak tot vandag uitgestel sodat vasgestel kan word wanneer die dokter oor die klaer en klaagster se J88-vorms kan kom getuig.

Die beskuldigdes bly in aanhouding.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters