Verlede maand
Twee bloues gewond na hul op mekaar skiet
   Die beseerde polisie is na die skietery hospita
Die beseerde polisie is na die skietery hospitaal toe geneem  ~ verskaf

TWEE cops herstel tans in die hospitaal na hulle tydens 'n skietery in Oos-Londen gewond is.

DispatchLIVE berig die voorval het Saterdag in Buffalostraat plaasgevind toe lede van die K9 en misdaadvoorkomingseenhede in 'n skietery met misdaadintelligensie en die provinsiale georganiseerde misdaadeenhede betrokke geraak het. 

Daar word verder berig dat die voorval spruit moontlik uit 'n geval van 'mistaken identity'.

Kol. Sibongile Soci, 'n polisiewoordvoerder, het aan TimesLive bevestig dat die omstandighede rondom die voorval word ondersoek.

Soci bevestig ook dat twee beamptes tydens die skietery gewond is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters