4 dae gelede
Twee bewaarders binne 48 uur gelem
 ~ 

DAAR was binne twee dae twee messteekvoorvalle by die St. Albans-gevangenis buite Port Elizabeth.

Singabakho Nxumalo, na­sionale woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het gister bevestig dat twee bewaarders by die gevangenis gesteek is.

Volgens hom is die twee beamptes deur mediese personeel behandel. Hy sê hulle sterk tans tuis aan.

Volgens Nxumalo het die eerste voorval eergister met lock-up plaasgevind. Die tweede voorval het gisteroggend tydens unlock gebeur.

Nxumalo sê ’n ondersoek is aan die gang.

Volgens hom is die saak ook oorhandig aan die polisie, wat op hulle beurt ’n strafregtelike ondersoek gaan doen.

Nxumalo sê omdat daar tans ’n ondersoek aan die gang is, kan hy nie veel oor die aangeleentheid uitwei nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters