3 maande gelede
Trok ploeg in ’n skare voor shop
tragedie: Die slagoffer is glo deur ’n biertrok omgestamp.Foto ter illustrasie: ewn  ~ 

’N VROU (72) het gesterf toe ’n biertrok haar omgery het.

Dié tragiese voorval het Maandag in ’n besige straat in King William’s Town plaasgevind.

’n Polisiewoordvoerder, kol. Sibongile Soci, sê die ongeluk het omstreeks 10:00 in die woelige Cathcartstraat plaasgevind.

Daar word aangevoer dat die betrokke biertrok in ’n skare vasgery het wat voor ’n gewilde drankwinkel saamgedrom het.

Beserings

Soci wou egter nie oor hierdie gerugte uitwei nie en net gesê cops ondersoek ’n klag van strafbare manslag.

“Die polisie kan bevestig dat ons ’n klag van strafbare manslag ondersoek nadat die 72-jarige slagoffer na bewering deur ’n trok getref is.

“Die slagoffer is na ’n nabygeleë hospitaal geneem vir mediese sorg, maar het daar weens die ernstige aard van haar beserings gesterf,” sê Soci.

Cathcartstraat is in King William’s Town se sentrale sakekern geleë en is een van die besigste paaie in die dorp. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters