2 maande gelede
Trek jou kruisie vir effektiewe bloues
Nqaba BhangaFOTO verskaf  ~ 

MISDAAD. Bendegeweld. Dwelmverwante oortredings. Dié euwels is aan die toeneem en het al krisisafmetings in Suid-Afrika bereik – en in die Baai se Northern Areas.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) verloor tans die stryd teen misdaad.

Boonop word die SAPD van binne deur korrupsie en wanadministrasie verlam, sê Nqaba Bhanga, die Demokratiese Alliansie se premierskandidaat in die Oos-Kaap.

Beamptes ontvang nie die nodige opleiding, hulpbronne en toerusting nie en ’n gebrek aan mannekrag kniehalter die SAPD.

Die polisie kan dus nie die land se wye spektrum van misdade – alles van georganiseerde misdaad en sindikate tot kleiner misdade wat deur individue gepleeg word – bestry nie.

Die DA is daartoe verbind om geweldsmisdaad in alle gemeenskappe uit te roei.

Die mislukkende ANC-regering het oor ’n tydperk van 25 jaar bewys dat hy nie die misdaadprobleem in die land kan fix nie.

Terwyl jaarlikse misdaadstatistieke aanhou styg, maak die ANC net leë beloftes.

Die DA se plan om ’n eerlike, professionele polisiediens op die been te bring, het die volgende ten doel:

  • Laat provinsies met die vermoë die bestuur van die polisie by die nasionale regering oorneem.
  • Beveg korrupsie in die polisie en sorg vir heropleiding van beamptes sodat hulle met trots dien en beskerm.
  • Stel mense met ’n passie vir polisie­werk aan.
  • Stel ’n effektiewe drug-busting force binne die SAPD daar.
  • Verseker dat reg en orde behou word in ons gemeenskappe en dat misdadigers effektief in hegtenis geneem, vervolg en gevonnis word.
  • Verseker dat beskermingsbevele binne ’n maand deur die polisie beteken word deur die aantal howe gemoeid met seksuele oortredings uit te brei.

Stem op 8 Mei 2019 vir die DA en sluit jou aan by die geveg teen misdaad.

’n Nasionale DA-regering sal korrupsie beveg, ’n eerlike en professionele polisiediens op die been bring, gelyke toegang tot jobs verseker, ons grense beveilig, dienslewering bespoedig en een Suid-Afrika vir almal bou.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters