6 maande gelede
Tragedie tref gesin
Fred en Marché met NJ (3) en Malan (2).  ~ Facebook

’N OOS-Kaapse familie is in rou nadat ’n ma per ongeluk bo-oor haar tweejarige seuntjie gery het.

Die voorval in Spandauville, Graaff-Reinet, het Donderdag 17:30 gebeur.

Kapt. Bradley Rawlinson, ’n polisiewoordvoerder, sê die ma, Marché Holtzhausen, het nie geweet haar seuntjie, Malan, het agter die kar in geloop toe sy haar kar reverse nie.

Malan is na die hospitaal geneem, maar is by aankoms dood verklaar.

Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters