15 dae gelede
Toy gun-rowers val vas
Kapt. Sandra Janse van Rensburg Foto verskaf  ~ 

TWEE verdagtes is gearresteer nadat ’n klaer tydens ’n sakeroof die panic button gedruk en sy sekerheidsmaatskappy ontbied het.

Die voorval het Maandag 13:20 gebeur toe ’n couple ’n winkel in Westbourneweg, Sentraal, binnegegaan en vir airtime gevra het.

Nóg twee verdagtes het daarna die winkel betree.

Die klaer het suspicious geraak toe hy sien een van die mans lyk nervous. Hy druk toe die panic button.

Kort daarna het een van die verdagtes ’n vuurwapen op die klaer gerig, hom gedwing om op die vloer te lê en hom vasgebind, sê kapt. San­dra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder.

Die ander skobbejakke het toe selfone van die rakke af begin steel en in ’n sak gegooi.

“Terwyl die verdagtes nog besig was, het die sekerheidsmaatskappy wat op die panic button gereageer het, daar aangekom,” vertel Janse van Rensburg.

Twee verdagtes (23 en 25 jaar oud), albei van Motherwell, is gearresteer.

Die ander twee misdadigers het weggehardloop.

Niks is uit die winkel gesteel nie, aangesien die idiote hulle sak vol selfoon-buit soos ’n dropped call gelos het.

Beslag is op ’n speelgoedvuurwapen gelê.

Albei die gevange verdagtes word aangehou op ’n klag van sakeroof en sal in die week in die Baaise landdroshof verskyn.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters