2 maande gelede
Top-aanklaer hanteer nou Terblanche-saak
vicki terblanche
Vicki Terblanche  ~ Facebook

ADV. Marius Stander, wat al verskeie hoë profiel sake hanteer het, is aangestel as die aanklaer in die Vicki Terblanche-moordsaak.

Terblanche se lyk is verlede maand in 'n vlak graf in Groenbossies gevind. Haar kêrel, Reinhardt Leach, en Dylan Cullis word van haar moord aangekla.

Hul borgtogaansoek is Maandag weer uitgestel toe dit bekendgemaak is dat Stander nou die saak gaan hanteer.

Stander was nie Maandag beskikbaar nie. Hy was in die hooggeregshof besig met die verhoor van die middelman in Jayde Panayiotou se moord, Luthando Siyoni.

Leach en Cullis verskyn Woensdag weer in die hof. - AlgoaFM


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters