6 dae gelede
Tieners vas ná aanval op oues
Polisieman Dood
'n 91-jarige vrou is in die aanval vermoor.  ~ Foto ter illustrasie

TWEE tieners is in die Oos-Kaap gearresteer in verband met die aanval op twee bejaarde vroue.

Die verdagtes het Sondag by die vroue, van onderskeidelik 91- en 75 jaar oud, se huis ingebreek terwyl hulle geslaap het. 

Brig. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, sê die verdagtes het na bewering geld geëis voordat hulle die vroue verkrag het.

Die 75-jarige vrou kon tydens die aanval dit regkry om na die buurman se huis te ontsnap waar sy die polisie ontbied het.

Toe die polisie by die toneel aankom, is die lyk van die 91-jarige vrou buite die huis gevind.

Dit is nog onduidelik watter soort wapen gebruik is om haar te vermoor. - AlgoaFM

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters