5 maande gelede
Tiener sterf in sy huis ná daar op hom geskiet is
'n Tiener is in die Baaise noordelike gebiede doodgeskiet.  ~ Foto ter Illustrasie

’N SEUN is Sondag in sy huis dood nadat iemand op hom losgebrand is.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die slagoffer, Lyle Bouwers (17), het omstreeks 12:00 na sy huis in Strelitziastraat in die Baaise Northerns gehardloop toe iemand op hom skiet.

Naidu sê hy het by die shack se voordeur ingehardloop en het probeer om by die agterdeur uit te hardloop.

Hy is egter in die agterstewe getref en het inmekaargesak.

Naidu sê die motief vir en omstandighede rondom die skietvoorval moet nog vasgestel word.

Die polisie ondersoek die moordsaak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters