7 dae gelede
Theo wen weer
top: In die foto’s kan mens duidelik sien hoe die pa die kind van die dak af gooi en hoe die cop haar vang. Foto’s: theo jeptha  ~ 
wenner: Theo Jeptha met sy national award. Foto: maryke low

SON het verlede week in Johannesburg al die shine­ gevang toe een van sy bekroonde nuusfotograwe weggestap het met die gesogte Vodacom Journalist of the Year National­ Award in die fotografie-afdeling.

Theo Jeptha (37) – oorspronklik van Queenstown – is sowat ’n maand gelede bekroon met die Vodacom Journalist­ of the Year Regional Award in die fotografie- afdeling.

In 2009 was Jeptha lid van ’n span van vyf joernaliste wat die Vodacom nationals gewen het.

Die spog-event – wat jaarliks die hoogtepunt is op elke joernalis se kalender – is bygewoon deur honderde joernaliste wat om ’n spot in

toekenningsaand: Obed Zilwa, hoofbeoordelaar, Theo Jeptha en Ryland Fisher van Independent­ Media.FOTO verskaf

hulle onderskeie kategorieë meegeding het.

Terug by Jeptha: Die foto wat die beoordelaars van die regional en national awards die meeste beïndruk en aangegryp­ het, was dié van ’n aggressiewe pa van die Joe Slovo informele nederset-ting.

Hy staan met sy jaar oue babadogter op ’n shack se dak en gooi dan die kind genadeloos van die shack se dak af na onder.

’n Dapper cop moes vinnig op sy voete dink en het die baba betyds met oop hande gevang voordat sy die grond kon tref.

Die kind was gelukkig ongedeerd.

top: In die foto’s kan mens duidelik sien hoe die pa die kind van die dak af gooi en hoe die cop haar vang. Foto’s: theo jeptha

Dis duidelik uit die foto dat Jeptha die hele oomblik anticipate­ het en nie net bloot toevallig die regte tyd op die regte plek was nie.

Volgens Jeptha – wat self ’n pa van twee is – was dit absoluut skokkend om ’n pa iets so afgrysliks te sien doen.

Jeptha sê hy sal nooit daardie oomblik vergeet nie.

Jeptha het in 2000 foto-joernalistiek aan die destydse Vrystaatse Technikon gestudeer.

Sy fotojoernalistiek-loopbaan het amptelik in 2008 begin.

Joe Slovo inwoner gooi sy dogtertjie van sy Plakkers huisie af in protes teen die afbreek van hul plakkers huisies gister in pe. Lede van die SAP, Metro Polisie en die dogtertjie se ma in die Geel t hemp staan gereed om haar te vang en het die dogtertjie gevang.Foto: Theo Jeptha. 10/04/2018Foto:

Hy het al gewerk vir Daily Dispatch in Oos-Londen, Volksblad in Bloemfontein en Die Burger in Port Elizabeth.

Tans is Son bevoorreg om hom as lid van sy span te hê.

Voordat sy joernalistiek-loopbaan amptelik begin het, het Jeptha gewerk by die The Rep-gemeenskapskoerant in Queenstown onder die vaandel van Sonja Raasch.

Volgens Jeptha word hy daagliks geïnspireer deur sy Son-kollegas.

Hy bedank ook Hein du Plessis, Alan Eason, Lulama Zenzile, Deon Ferreira en Esa Alexander vir hulle uitstekende mentorskap.

“Groot lof gaan ook aan my Hemelse Vader, my ouers, broers, suster, asook my vrou en kinders.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters