2 maande gelede
Taxibestuurder vas oor hy laitie doodry
Skietery
'n Tiener is dood in ’n tref-en-trap ongeluk in Stanfordweg.  ~ Verskaf

’N TAXIBESTUURDER (30) is in hegtenis geneem nadat hy ’n 14-jarige seun noodlottig getref en van die ongelukstoneel gevlug het.

Die voorval het Maandag in Stanfordweg, Gqeberha, plaasgevind.

Kol. Priscilla Naidu, 'n polisiewoordvoerder, sê Luke Prinsloo het met sy fiets op die Van Der Kemp Kloof-brug gery toe hy omstreeks 17:00 deur die taxi getref is.

Naidu sê die bestuurder het nie stilgehou nie en eerder van die toneel gevlug, maar ’n ooggetuie het daarin geslaag om sy registrasienommer af te neem.

Volgens Naidu is die taxi-eienaar gekontak wie die bestuurder na die polisiestasie geneem het.

Sy sê verdere besonderhede rondom die ongeluk word ondersoek.

AlgoaFM berig die taxibestuurder sal na verwagting binnekort in die Gelvandale-landdroshof verskyn op aanklag van strafbare manslag.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters