4 jaar gelede
Taxi met kids rol
s Dié taxi het met ’n bakkie gebots en omgeslaan. k  ~ 
s Dié taxi het met ’n bakkie gebots en omgeslaan. k
HULp: Die taxi is ingesleep nadat hy teen ’n bakkie gebots het. Foto’s: facebook

SOWAT 10 skoolkinders is in die Baai beseer nadat die taxi waarin hulle gery het in ’n kop-teen-kop-botsing met ’n bakkie betrokke was.

Niemand het in die ongeluk omgekom nie, maar die bestuurder van die bakkie is blykbaar ernstig beseer.

Die taxi het ná die botsing glo omgeslaan, ’n tweede voertuig getref en in die bosse tot stilstand gekom.

Die ongeluk het omstreeks 08:00 op die hoek van Kaap- en St. Albansweg gebeur.

Dean Slater, ’n paramedikus en woordvoerder van die Trauma Net-ambulansdiens, het gesê die oorsaak van die ongeluk is nog on­bekend.

Kapt. Johan Rheeder, ’n polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.

Hy het gesê sewe van die skoolkinders is in die Living­stone-hospitaal opgeneem. Die polisie ondersoek ’n saak van roekelose en nalatige bestuur.

Intussen het nuus oor die ongeluk soos ’n veldbrand op Facebook versprei.

Lenie Bosch het gesê taxi’s is ’n gevaar en sy sien elke dag hulle jaag op en af in haar woonbuurt.

Samantha Bronkhorst, blykbaar ’n onderwyser by die Junior Sekondêre Skool St. Albans, het gesê: “Ek kan eerlikwaar sê die taxi was nie die oorsaak van vanoggend (gister) se ongeluk nie. Die bestuurder het saam met die leerders na die hospitaal gegaan en daar by hulle gebly.”

Retha Lucas en een van haar kinders sou blykbaar ook in dié taxi gery het, maar hulle het as gevolg van die reën besluit om maar eerder by die huis te bly.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters