6 maande gelede
Talle skitter by Pride-optog
stylvol: Belinda Ferguson, Ava-Reece Cole, Dakota Demure, Katya Mendez en Jasmin Maciver is uitgevat vir die jaarlikse Pride March in die Baai. Foto’s: DEON FERREIRA  ~ 

MAKE-UP, glitter en high heels.

Lede van die LGBTI-gemeenskap het dié naweek met trots die strate van Port Elizabeth-Sentraal ingevaar.

LGBTI verwys na lesbiese, gay, biseksuele, transgender en interseksuele persone.

Die gemeenskap is wel groter en daar is baie ander vorms van seksualiteit en identiteit waarmee gemeenskapslede hulle vereenselwig.

Die Nelson Mandelabaai Pride March is ’n jaarlikse geleentheid en vind gewoonlik plaas by die Donkin Reserve.

Die after-paartie is vanjaar in Newton Park gehou. Kelley Felix, voorsitter van 2018 se Nelson Mandelabaai Pride-komitee, sê sowat 80 deelnemers het in kleurryke uitrustings saam gemarch.

Bewustheid

“Dié jaar se ideologie was alles oor inklusiwiteit en daarom was ons slagspreuk ‘For The People’.

“Ons doel was om bewustheid te skep en om PE te laat verstaan die gay-gemeenskap is hier, was hier en gaan absoluut nêrens heen nie.

Katya Mendez, wat ook gemarch het, sê: “Almal wat daar was, het hulle geniet. Dit was baie kleurvol.

“Alhoewel dit klein was, dink ek tog die doel is bereik en dit is om bewustheid te skep en dat almal ’n reg het om dieselfde menseregte in verband met gelykheid, vryheid en waardigheid te geniet.”

Dylan August, 2018 se Mr. Gay PE, was ook daar.

“Ek het tuis gevoel en die entertainment was – soos belowe – asem­rowend.”

Volgens hom was die hele dag baie nice – veral om nuwe mense te ontmoet en om die dag te vier saam met sy gay-familie.

Die Nelson Mandelabaai Pride 2018-komitee sal voor die einde van die jaar sy jaarlikse algemene vergadering hou.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters