2 maande gelede
‘Sy’s vermoor oor gangster’
tragies: ’n Vrou (18) is doodgemartel. GRAFIKA ter illustrasie  ~ 

DIE gemeenskap van die informele nedersetting Moeggesukkel in Uitenhage is geruk deur die gru-moord op ’n 18-jarige jong vrou Sondagoggend.

Die verminkte lyk van Anastasia Butler is op ’n oop vlak langs ’n sloot in Greenfields aangetref.

Haar hartseer ma, Cecilia (41), vermoed haar gru-dood het met gangsterism te doen.

Volgens Cecilia het sy Sondag omstreeks 03:00 wakker geword.

Dit was weens ’n geklop aan haar voordeur.

Dit was die polisie.

Sy sê die cops het haar gevra om saam met hulle te gaan en dat dit in verband met haar dogter is.

Volgens Cecilia het sy ’n neighbour gevra om saam te kom.

Cecilia sê in die vên het die cops haar meegedeel haar dogter is vermoor.

Sy sê toe hulle by haar dogter se lyk stilhou, was sy baie emosioneel.

Volgens haar het haar dogter op haar rug gelê.

Sy het ’n diep kaphou gehad wat strek vanaf haar onderkaak oor haar nek en bors.

Sy het ook ’n diep kaphou agter haar rug gehad.

Cecilia sê Anastasia het ook wonde aan haar voorarms gehad soos sy die houe probeer afweer het

Volgens haar was Anastasia en ’n vriendin op pad van ’n tavern af toe drie ouens hulle genader en hulle glo beveel het om net daar te bly staan.

Cecilia sê toe die attack begin, kon Anastasia se vriendin daarin slaag om weg te hardloop en die cops te ontbied.

Volgens Cecilia was haar dogter seker te erg onder die invloed van alkohol om weg te hardloop.

Cecila sê sy vermoed haar dogter is aangeval omdat die jongens nie haar gangster boyfriend in die hande kon kry nie.

Volgens Cecilia is Anastasia se boyfriend ’n lid van die 15 Varkies-bende en hunt die ouens hom nou al sedert verlede jaar in verband met ’n moord.

Sy sê die boyfriend het vir lank geskuil.

Volgens Cecilia het niemand hulle nog by haar huis kom dreig nie.

Sy sê sy het juis haar dogter in ’n stadium om veiligheidsredes by haar (Cecilia se) suster laat woon.

Volgens Cecilia het sy alles probeer om haar dogter uit die boyfriend se kloue te kry.

Sy het al so ver gegaan om ’n interdik teen die man te kry, maar haar dogter het hom aanhoudend teruggevat. Volgens haar was Anastasia en haar boyfriend sowat vier jaar in ’n verhouding.

Toe Son Cecilia gisteroggend tuis besoek het, het sy nog nie haar dogter se lyk formeel uitgeken nie.

Cecilia wou uit vrees vir haar en haar ander kinders se lewe nie staan vir ’n foto nie.

Kapt. Gerda Swart, ’n polisiewoordvoerder, kon nie gister vir kommentaar bereik word nie.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters