4 maande gelede
Swanger vrou een van drie wat 'uitgehaal' is
Kapt. Andre Beetge, 'n polisiewoordvoerder  ~ 

DRIE mense, insluitend 'n swanger vrou, is Maandagaand in afsonderlike moorde in KwaDwesi dood.

Vier mense is sedert Sondag in soortgelyke moorde in die Baai dood.

In een van die voorvalle is 'n 28-jarige swanger vrou Sondag om 18:15 in Mhleza-straat doodgeskiet.

Kapt. Andre Beetge, 'n polisiewoordvoerder, sê Chuma Sinethemba Mhuluhulu is verskeie kere deur 'n onbekende persoon in die straat doodgeskiet.

"Sy het in die straat geloop toe 'n onbekende persoon op haar geskiet het. Geen getuies het gesien wat gebeur het nie," sê Beetge.

Niks is van haar gesteel nie.

Beetge sê Zamuxolo Ndwayana (25) is Maandagoggend buite sy shack in Mbilane-singel in KwaZakhele doodgeskiet.

"Hy het wakker geskrik toe 'n groep aan sy deur geklop het. Hulle het hom op die naam geroep. Toe hy die deur oopmaak is hy na buite gedwing en geskiet," sê Beetge.

Die moord kom na Baphethuxolo Mgengo (29) om 19:15 in Khayingo-straat doodgeskiet is. 

Twee onbekende mans het die deur van sy shack oopgeskop, hom  uitgesleep en verskeie kere geskiet.

Beetge sê dit lyk of die oorledenes geteiken is.

Die motief van die moorde is nog onbekend. - HeraldLIVE

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters