Verlede maand
Swanger ná tyd in local drug den
DIEP SPYT: Dié jong meisie wens nou sy het haar ma om verskoning gevra.  ~ Theo Jeptha

AS JY gedink het lockdown in hierdie tyd van corona is erg, dink weer.

Vir Susan (skuilnaam) is die afgelope 10 jaar niks anders as ’n nagmerrie nie.

En die uiteinde van hierdie horror movie vir haar is dat sy nou sewe maande swanger is nadat sy deur ’n dwelmkartel aangehou en verkrag is.

Susan (25) sê sy het op 15-jarige ouderdom met seks en dwelms begin eksperimenteer.

Toe die lockdown kom, het sy dit reggekry om uit die kloue van die gewetenlose kartel te ontsnap. Sy is nou by familie in die Northerns.

Kloue

“My grootste berou is dat ek nie vir my ma om verskoning kon vra voor haar afsterwe nie.

“Ek was 16 jaar oud toe ek in die kloue van ’n Nigerian druglord beland het.

“Ek het tik en Mandrax gerook en om my habit te onderhou, moes ek vir hulle dwelms verkoop.

“Dit was nie ’n normale lewe nie, want ek was konstant op ’n high waar ek nie geweet het wat om my aangaan nie,” vertel sy.

Sy sê talle jong meisies word aan dwelms verslaaf gemaak en dan gedwing om hul lyf te verkoop.

“Dis nie ’n lekker lewe nie en daar is baie cops wat saam met hierdie merts werk.

“Ek was ook in ’n abusive verhouding waar ek byna daagliks aangerand is.

“Ek het nagte om gehuil. Dit het gelyk asof ek nooit uit dié nes sou kom nie.

“Nooit het ek ’n vader­figuur geken nie, want my pa het gesterf toe ek sewe jaar oud was.

“Ek wens net ek kan my lewe nou weer agtermekaar kry en ek is dankbaar vir my familie wat my ingeneem het,” sê ’n dankbare Susan.

Oor die pa van haar ongebore kind is Susan maar baie ontwykend. Sy kon nie eens ’n direkte antwoord verskaf oor of sy weet wie die man is nie.

Verhoudings

Maar oor een ding is sy baie seker: Vir baie mag hierdie tydperk van die corona-virus vrees en onsekerheid inhou, maar vir haar is dit ’n geleentheid om haar lewe op track te kry.

Nie net dit nie, maar om ook verbrokkelde verhoudings met familie te herstel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters