18 dae gelede
Stebuys-saak naby sy einde
Déne Stebuys Foto: THEO JEPTHA  ~ 

DIE vermeende killer Déne Stebuys (42) van Humansdorp sal Maandag weet wat sy lot is wanneer uitspraak in sy moordverhoor gelewer word.

Hy het sy 36-jarige vrou, Marilyn, na bewering op 5 Junie 2016 met ’n klip doodgeslaan.

Adv. Ismet Cerfontein, staatsaanklaer, het gister in haar slotbetoë gesê die moord op Marilyn is met direkte opset gepleeg – veral wanneer gekyk word na die moordwapen, die ligging van haar beserings en die veelvuldige houe.

Volgens Cerfontein is Stebuys links-handig en was daar baie bloed aan die onderkant van die linkermou van sy jacket.

Cerfontein sê toe die cops ná die moord op bebloede kledingstukke van Stebuys beslag gelê het, het hy geen verduideliking vir die bloed gegee nie.

Sy sê as daar ’n eerlike verduideliking was, kon Stebuys vir die cops gesê het.

Volgens Cerfontein het Stebuys ook nie na Marilyn gesoek om bevestiging te kry dat sy hom verneuk nie, want hy het reeds geweet van haar ontrou.

Sy sê hy’t sy vrou gesoek omdat hy haar wou konfronteer.

Volgens Cerfontein het Stebuys self gesê hy was baie kwaad.

Marilyn se vermeende skelmpie het ook getuig Stebuys was baie kwaad toe hy hulle op die dag van die voorval saam gesien het.

Volgens Cerfontein wil Stebuys hê die hof moet glo hy was nie meer kwaad vir Marilyn nadat die skelmpie weggestap het nie.

Die skelmpie se getuienis strook met dié van Stebuys dat, nadat die skelmpie weg is en Stebuys vir Marilyn gehug het, sy nie op sy advances gereageer het nie.

Cerfontein meen Stebuys wil hê die hof moet glo hy was kalm, maar dit is hoogs onwaarskynlik.

Stebuys se lawyer, Elsabé Theron, sê met betrekking tot die identifisering van Stebuys op die moord­toneel kon die twee getuies nie baie besonderhede aan die hof verskaf nie.

Hulle was onder meer nie in staat om beskrywings te gee van die aanvaller se facial features of kledingstukke nie – behalwe die blou jacket wat die aanvaller aangehad het.

Theron sê Stebuys het die aand van die moord die polisie toegelaat om sy huis te deursoek.

Wapens

“Dit is duidelik nie die gedrag van iemand wat iets gehad het om weg te steek nie.”

Theron voeg by die moord op Marilyn was nie vooraf beplan nie, want Stebuys het geen wapens by hom gehad toe hy Marilyn met haar vermeende skelmpie betrap het nie.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters