10 maande gelede
Stebuys besef iets issie pluis
DÉNE STEBUYSFoto’s: THEO JEPTHA  ~ 

TOE Déne Stebuys by die tavern se toilet uitstap, het hy gesien hoe ’n man oor die tafel leun, diep in die oë van Stebuys se vrou kyk en aan haar wange vryf.

So het Stebuys (42) gister in kruisondervraging in die Baaise hooggeregshof getuig.

Hy word daarvan aangekla dat hy sy 36-jarige vrou, Marilyn, op 5 Junie 2016 doodgemartel het.

Stebuys het getuig toe hy Marilyn en die man op 15 Mei 2016 oor daardie wangvrywery con­front, het sy gesê sy sal hom daarvan vertel sodra hulle terug by die huis is.

Hy sê toe hy Marilyn tuis oor die man uitvra, het sy gesê dis nie nodig dat sy hom daarop hoef te antwoord nie.

Dit was omdat hy klaar gesien het wat in die tavern gebeur het. Volgens hom was Marilyn kwaad.

Hy getuig toe hulle begin stry, het hy in die kar geklim en gery om homself te laat kalmeer.

Dene Stebuys, n moordbeskuldigde gister in die baaise hooggeregshof . Foto: Theo Jeptha. 13/11/2018 Marlon Daniels(PA) het gister met son gesels oor die skokkende toestant wat die Schauder Swembaddens is nadat die swembaddens amper afgebreek is tot grond vlak. Foto: Theo Jeptha. 12/1 het gister met son gesels oor die skokkende toestant wat die Schauder Swembaddens is nadat die swembaddens amper afgebreek is tot grond vlak. Foto: Theo Jeptha. 12/11/2018Foto:

Stebuys getuig toe hy ná ’n uur terugkeer huis toe, het Marilyn die deur vir hom oopgemaak.

“Sy het my met haar vinger teen my voorkop gepoint en gepraat dat die spoeg so spat.”

Volgens hom was sy baie kwaad.

Hy sê nadat sy hom aan sy penis rondgepluk het, het hy haar teen die kombuiskas gestoot.

Dis toe dat sy ’n eetvurk vat en hom in die linkerbeen steek.

Stebuys sê toe Marilyn hom steek, het hy net vir haar gevra: “Wat doen jy?”

Volgens hom het hy hierna sy wond in die badkamer gaan behandel.

Stebuys het sy seun, Denwin, se weergawe oor wat die betrokke aand in die kombuis gebeur het, ontken.

Hy ontken hy het Marilyn rond­geruk. Volgens hom het hy geen bloed aan haar lyf opgemerk nie.

Stebuys ontken ook dat hy sy vrou gebyt het en dat hy die aand van die stryery ’n mes in sy hand gehad het.

Skielik het Stebuys weggetrek met: “Ek kon hoeveel keer dood gewees het. Dis my lewe. Dis nie ’n game nie.”

Hierop het adv. Ismet Cerfontein, staatsaanklaer, aan Stebuys gesê: “Nee, dit is nie ’n speletjie nie, want iemand is dood.”

Stebuys ontken verder hy het ’n mes teen Marilyn se keel gedruk

Volgens Stebuys het hy nie ’n saak teen sy vrou gemaak nadat sy hom met die vurk gesteek het nie omdat hy lief is vir sy vrou en kinders.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters