Verlede maand
Staff skud sak vir siek meisie

’N MATRIEKLEERDER het ’n paar dae voor haar matriekafskeid in die Liv­ingstone Hospitaal se ICU beland nadat haar regterlong platgeval het.

Larisca Radue (19) van Uitenhage is ’n leerder aan die Hoër Tegniese Skool Daniel Pienaar. Haar toestand het so verswak dat sy nie sterk genoeg was om die afskeid by te woon nie.

Sistiese fibrose is in 2010 by haar gediagnoseer. Dié toestand laat die longe deteriorate.

Haar linkerlong werk tans net 20% van wat dit moet.

Larisca was gebroke en depressief omdat sy nie haar farewell kon bywoon nie.

Haar dilemma het die verpleegpersoneel by Living­stone so geraak dat hulle besluit het om hulle hand in hulle sak te steek en daar in die hospitaal vir haar ’n lekker matric farewell-paartie te gooi.

Larisca se pa, Craig (45), sê die staff het hom laas Dinsdag laat weet hulle beplan ’n paartie vir Vrydag.

Volgens hom was sy dogter oorstelp van vreugde toe sy die goeie nuus hoor.

Die matriekmeisie het aanhoudend van blydskap gehuil.

Danksy ’n hair stylist en make-up artist se handewerk het Larisca binne minute soos ’n prinses gelyk.

Sy het die pers rok gedra wat sy na haar oorspronklike farewell toe sou aantrek.

Die staff het selfs vir haar ’n date georganise.

Dit was niemand anders nie as Mr PE UberMANn, Chad Durrheim.

Toe Larisca en haar met­gesel uit haar hospitaal­kamer ge­stap kom, het die verpleegpersoneel ’n erewag gevorm en hande geklap. Die trane het oor Larisca se wange gebiggel.

Volgens Craig was sy dogter oorweldig omdat so baie mense dit vir haar gedoen het.

“Ek het gehuil toe ek haar sien.”

Craig vertel benewens die baie verversings wat die staff gereël het, was daar selfs ’n DJ wat vir die musiek gesorg het.

Volgens hom vertrek hulle vanoggend vroeg na die Groote Schuur Hospitaal in Kaapstad, waar Larisca ’n dubbele longoorplanting sal ondergaan.

Craig vertel Larisca is steeds baie swak en daar is nog nie vir haar longe beskikbaar nie.

Volgens hom is Larisca onmiddellik op die kortlys vir oorplantings geplaas nadat haar regterlong platgeval het.

Hierdie operasie kan tot 12 uur duur.

Larisca sal ná die oorplanting nog ses maande in die Kaap moet aanbly.

Craig verduidelik die oorgeplante longe sal gemiddeld ag jaar of dalk langer vol­kome funksioneer en Larisca sal ná die oorplanting volkome kan herstel.

Craig verklap sy dogter is baie bang noudat die tyd vir die operasie nader kom.

Hy voeg by: “Ek het egter nie die luxury om bang te wees nie, want ek moet haar motiveer.”

Rolstoel

Die pa sê sy kind het nie ’n normale childhood gehad nie. Volgens hom was sy nog nooit by die see nie en was sy nog net een keer in die mall – en dít in ’n rolstoel.

Larisca se ma is reeds in 2016 oorlede.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
21 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters