16 dae gelede
Spietkops aangekeer in rooftog
Drie verkeersbeamptes was na bewering betrokke by 'n gewapende rooftog.  ~ Foto ter Illustrasie

DRIE spietkops is gearresteer omdat hulle by ’n gewapende rooftog betrokke was.

Lede van die polisie se taktiese reaksie-span in Oos-Londen het Donderdag vier mans naby die Bumbane Junction in Mthatha gearresteer.

Brig. Tembinkosi Kinana, ’n polisiewoordvoerder, sê die beamptes het die verdagtes gevang terwyl hulle ’n lorriebestuurder en sy passasier van ’n onbekende bedrag beroof het.

’n Oor-en-weer-skietery tussen die verdagtes en die polisie het gevolg, waarna die vier verdagtes gearresteer is.

Afgevat

Een van die verdagtes is in sy maag gewond. Hy word tans onder polisiebewaking behandel in ’n plaaslike hospitaal.

’n Vuurwapen vol patrone is by een van die verdagtes afgevat.

“By nader ondersoek is ontdek dat drie van die verdagtes – onderskeidelik 27, 30 en 34 jaar oud – verkeersbeamptes in diens van die Mnquma- plaaslike munisipaliteit in Butterworth is.

“Die vierde verdagte (32) is self-employed in Butterworth.”

Die geld wat van die vragmotorbestuurder en sy passasier geëis is, is nog nie teruggevind nie. Die verdagtes sal binnekort in die plaaslike landdroshof verskyn.

Die polisie-ondersoek is nou oorgeneem deur die eenheid teen georganiseerde misdaad.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters