15 dae gelede
‘Soldaat’ toe ’n verdagte
Photo by Bill Oxford on Unsplash
Die cops het 'n uiters gevaarlike verdagte op straat vasgetrek.  ~ Foto ter illustrasie

LEDE van die Philippi-Oos-polisie het gisteroggend ’n baie gevaarlike verdagte gearresteer.

Hulle het die gebied gepatrolleer toe hulle ’n man gewaar wat lyk asof hy ’n SANDF-uniform dra.

Hulle het hom gestop, deursoek en ’n pistool en ammunisie by hom gevind.

Die man (21) is toe uitgeken as ’n verdagte vir moord en drie pogings tot moord in Januarie in Lower Cross Road.

Hy word ook verbind met verskeie ander misdade in Philippi-Oos, insluitend diefstal en hijacking.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters