2 dae gelede
Só moet ’n crowd pleaser mos lyk
DIE OU: Kurt Solomon spog met die trofee wat sy kar gewen het.  ~ Theo Jeptha

MOENIE speel met Makhanda (Grahamstad) se Kurt Solomon nie. Dié dude is ’n ernstige drag racing fanatic.

Kurt het onlangs deelgeneem aan die Vdub Camp Festival in Bela-Bela in Limpopo.

Sy kar is as die crowd favourite gekroon.

Trots

Die pragstuk van ’n kar het hy self gebou. Dit het hom drie jaar gevat om dit op te bou.

Makhanda se mense is nie min trots op Kurt nie.

Kurt wil sy kar binnekort laat raffle en die geld dan gebruik vir charity in sy gemeenskap.

Hy het ’n passie vir die minderbevoorregtes en wil graag ’n verskil in sy gemeenskap maak.

Kaartjies vir dié inisiatief sal R100 elk beloop en sal landwyd beskikbaar wees.

Meer inligting sal binnekort op die Showtime Gossip-webtuiste beskikbaar wees.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters