9 maande gelede
Slagoffertjie begrawe
hartseer: Ayolisa “Josey” Gcakazi se kis wor in sy graf laat sak.  ~ 

DIT was ’n hartseergesig in Jeffreysbaai toe die kissie van Ayolisa “Josey” Gcakazi in sy graf sak.

Vandag is dit presies twee weke sedert die jong Ayolisa (9) op 31 Desember op die Astonbaai-pad doodgery is.

Ayolisa se ouma Lydia Gcakazi was baie hartseer. Sy het haar kleinkind se foto troosteloos teen haar vasgedruk.

Sy beskryf Ayolisa as ’n kind wat baie lief was vir sokker en krieket. Hy was baie lief vir die kleur blou en het dieselfde T-hempie elke dag gedra, selfs die dag van sy dood.

Sy sussie sê haar beste maatjie is nou weg. Meer as 30 van sy maatjies het die begrafnis bygewoon en verwese gestaan en kyk toe die kis in die graf sak.

Ayolisa GcakaziFOTO verskaf
tragies: Familielede dra Ayolisa se kis na sy laaste rusplek.
gebroke: Lydia Gcakazi hou haar kleinseun Ayolisa “Josey” Gcakazi se foto vas. Foto’s: Maryna Barnard
toneel: Dis op dié pad waar die negejarige seun doodgery is.

Lydia sê Ayolisa was baie hulpvaardig en het altyd geglimlag.

Ayolisa is nie die eerste kind wat onlangs sy lewe op dié pad verloor nie. Op 30 Augustus is ’n vierjarige kind op dieselfde plek doodgery.

“Die munisipale raad moet heinings opsit en ’n brug oor die pad bou,” sê die ouma.

AO Gerda Swart, polisiewoordvoerder, sê hulle ondersoek ’n saak van straf­bare manslag. Teen druktyd het die munisipaliteit nie op Son se versoeke om kommentaar reageer nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters