7 maande gelede
Skurk hol en gooi sy rollie weg
kol. Priscilla Naidufoto verskaf  ~ 

’n VERMEENDE gangster (25) het gister in die Baaise landdroshof verskyn nadat hy Vrydag ’n gun weggegooi het toe hy vir die cops probeer weghol het.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê beamptes van die polisie se eenheid vir openbare orde was Vrydagaand in Goliathweg, Gelvandale, op patrollie toe hulle twee verdagte ouens sien.

“Toe die polisievoertuig stop, het een van die mans begin weghardloop. Die twee polisiekonstabels het hom agternagesit.

Gevind

“Net voordat hy oor ’n muur aan die agterkant van ’n jaart gespring het, het die verdagte ’n rewolwer op die grond gegooi en aangehou hardloop.

“Die verdagte is uiteindelik in ’n jaart in Van Durrenstraat gearresteer.”

Naidu sê terwyl die polisie op die toneel besig was, is nog ’n vuurwapen, ’n 9 mm-pistool, enkele meters weg gevind.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters