Verlede jaar
Skrywer: Vrae ná dood
Mark MinnieFoto: facebook  ~ 

SY LYK het naby bosse op ’n plaas in die Baai gelê, met ’n vuurwapen langs hom.

Die oudpolisieman en skrywer Mark Minnie (58) is Maandag 20:50 dood gevind in die Theescombe Roses-plaashuis in Venterstraat, Theescombe.

Tot dusver sê die polisie geen misdaad is gepleeg nie en dit wil voorkom of die medeskrywer van The Lost Boys of Bird Island selfmoord gepleeg het.

Minnie, wat van Port Elizabeth is, is in die kop geskiet.

Minnie was ’n polisiespeurder in die 1980’s en het volgens sommiges vir sy lewe gevrees ná die bekendstelling van die boek verlede week.

Kapt. Johan Rheeder, ’n polisiewoordvoerder, het gesê volgens die polisie se inligting het Minnie Maandag omstreeks 09:00 ’n vriend op die plaas besoek.

“Die vriend het hom gelos om te rus en hy het saam met sy werkers uitgegaan.

“Om 21:00 het die vriend ’n oproep ontvang van Minnie se vriendin, wat vra waar hy is,” sê Rheeder.

Die vriend het huis toe gegaan, na Minnie se kamer gegaan en gesien hy is nie daar nie.

Selfoon

Hy het na Minnie gesoek en het hom buite naby ’n bos gevind, met ’n koeëlwond in die kop. ’n Vuurwapen het langs hom gelê.

Die polisie het bevestig die vuurwapen behoort nie aan Minnie nie. Dit behoort glo aan die eienaar van Theescombe Roses, Brent Barnes.

exposé:Chris Steyn (links) en Mark Minnie (regs) het die boek The Lost Boys of Bird Island geskryf.Foto: gamat geyer/die burger
ondersoek: Forensiese personeel fynkam die toneel vir leidrade.
toneel: Polisiebeamptes op ’n plaas in die Baai waar Mark Minnie dood gevind is.Foto’s: theo jeptha
polisiewerk: Die SAPD sê die vuurwapen wat Mark Minnie se dood veroorsaak het, is nie syne nie. Hiér dra forensiese personeel bewysstukke van die toneel.

Minnie se selfoon is blykbaar missing en ’n selfmoordbrief is glo op die toneel gekry.

“In dié stadium word geen vuilspel vermoed nie. ’n Geregtelike doodsondersoek is geopen,” het Rheeder gesê.

Daar is egter gerugte dat die polisie die leë koeël­doppie soek.

Rheeder het net gesê dit vorm deel van die ondersoek.

Minnie en Chris Steyn het onlangs ’n boek bekend gestel waarin apartheid-ministers daarvan beskuldig word dat hulle kinders op Bird Island gemolesteer het.

Die boek beweer dat die minister van verdediging daai tyd, wyle Magnus Malan, en wyle John Wiley, die minister van omgewingsake daai tyd, betrokke was.

Nog ’n staatsbeampte wat nog lewe en wyle sakeman Dave Allen het glo ook jong seuns gemolesteer op visvanguitstappies op Bird Island naby Port Elizabeth.

Minnie en Steyn sê in die boek die polisie het destyds ondersoeke na die beweerde pedofiel-sindikaat gestop.

In die boek word onder meer beskryf hoe ’n jong seun hospitaal toe moes gaan nadat ’n gun in sy anus opgedruk en afgevuur is.

Marianne Thamm, die bekende joernalis en skrywer, het gister op Facebook gesê: “Ek weet hy het vir sy lewe gevrees en dat baie mense by sy dood sal baat vind.”

Rheeder het gesê indien ’n misdaad gepleeg is, sal die saak na moord verander word.

Maar in dié stadium bly dit ’n geregtelike doods­ondersoek.

Oor hoe Minnie die vuurwapen gekry het, het Rheeder laatmiddag gesê ’n dossier vir die versuiming om ’n vuurwapen te beveilig, sal geopen word.

Volg Maryke Low op Twitter.

Stuur nuuswenke aan info@son.co.za.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters