3 maande gelede
Skote deur venster eis tweejarige
polisie
'n Tweejarige kind is dood terwyl haar ma en sesjarige broer beseer is toe daar op hulle losgebrand is.  ~ Foto ter Illustrasie

’N TWEEJARIGE kind is noodlottig gewond terwyl haar ma en sesjarige broer beseer is toe daar op hulle losgebrand is.

Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê die skietvoorval het plaasgevind toe die ma (39) en haar twee kinders Woensdag 23:45 gelê en slaap het.

Onbekende mans het toe verskeie skote afgevuur deur hulle kamervenster in Canarystraat, Polar Park, in die Booysenpark-omgewing.

Die tweejarige kind is noodlottig gewond.

Haar sesjarige broer is in die knie en hulle ma in die maag gewond.

Ondersoek

Naidu sê die motief vir die skietvoorval is in hierdie stadium nog onbekend.

Die polisie ondersoek ’n saak van moord en twee sake van poging tot moord.

Kort nadat lt.genl. Liziwe Ntshinga, provinsiale polisiekommissaris, van die voorval te hore gekom het, is ’n 72-uur-aktiveringsplan onmiddellik in werking gestel om die booswigte op te spoor.

Enige een wat die polisie in hulle ondersoek kan help, word versoek om speurder-konst. Ralton Tarentaal by die Bethelsdorp Polisiestasie te bel by 041 404 3005 of bel 082 442 1633.

Alle inligting is vertroulik en inbellers mag anoniem bly.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters