Verlede maand
Skoolhoof bekyk oor seksdade
Fundile Gade, LUR vir onderwys in die Oos-Kaap, wag nog op die voorlopige verslag.  ~ Argief

TWEE amptenare van die Oos-Kaapse departement van onderwys word ondersoek ná ernstige aantygings van wangedrag met leerders tydens skoolure.

Die departement het Maandag in 'n verklaring gesê 'n skoolhoof van Mount Fletcher word ondersoek vir beweerde seksuele wangedrag.

Fundile Gade, die LUR van onderwys in die provinsie, sê die departement is reeds na die skool om ondersoek in te stel.

Gade verwag binnekort 'n verslag met aanbevelings vanaf die hoof van die departement.

- Algoa FM

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters