9 maande gelede
Skool besoek oor ‘rassisme’
Mali MtimaFoto: son  ~ 

AMPTENARE van die Oos-Kaapse departement van onderwys besoek vandag ’n skool in Matatiele ná berigte van beweerde rasse-segregasie van gr. 1-leerders.

Mali Mtima, woordvoerder van die departement, het gister gesê ’n span is aangestel om die King Edward School te besoek om vas te stel of die bewerings waar is.

Die Sunday Times het gister berig dat swart gr. 1-leerders en wit graadeentjies in afsonderlike­ klasse geplaas word.

Die voorsitter van die skool se beheerliggaam, adv. Andrew Duminy, het aan die koerant gesê die kinders wat sukkel met Engels, word in afsonderlike klasse gehou tot in gr. 3 om aan hulle spesiale hulp te verskaf.

Ontwikkeling

Duminy het bygevoeg ouers by die skool het R5 miljoen betaal om addisionele klaskamers op te rig om leerders wat van ander preprimêre skole kom, te akkommodeer.

“Baie van hierdie kinders sukkel met Engels en is dikwels ’n jaar agter in taal- en sosiale ontwikkeling.

“Daarom ontvang hulle spesiale hulp,” sê Duminy.

Luidens die Sunday Times-berig is ’n swart leerder Donderdag na ’n “wit” klas geskuif nadat die kleintjie se ouers navrae gedoen het.

Mtima het gister gesê: “As die aantygings waar is, sal daar ’n proses wees wat sal verseker dat die kwessie van sosiale samehang en integrasie aangespreek word.

“Ons sal lesse aan die leerders bied om te verseker die kinders verenig, ongeag hul kleur, geslag of geloof.

“Ons moet seker maak dat voorvalle soos dié nooit gebeur­ nie.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters