3 maande gelede
Skollie maai ou voor vriende af
Vier mans is in hegtenis geneem en nog een is dood toe ’n skietery tussen gewapende rowers en die polisie Maandag in Eldorado Park uitgebreek het.Foto: Verskaf  ~ 

’N JONG man is gister in die vroeë oggendure koelbloedig doodgeskiet in Gelvandale.

Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê Renaldo Cherry (21), die slagoffer, het gister 01:45 saam met vriende in Fitchard-straat gesit toe vier onbekende mans hulle nader.

Sy sê een van die mans het ’n vuurwapen uitgepluk en op die slagoffer geskiet.

Volgens Naidu het Cherry dadelik probeer weghardloop.

Hy het egter net ’n bietjie verder inmekaargesak en gesterf.

Naidu sê Cherry het ’n skietwond in die bolyf opgedoen.

Die Gelvan­dale-polisie ondersoek ’n moordsaak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters