Verlede jaar
Skenking help
mooi so: Al die senior burgers en werkers van die Gelvan Park Frail Care-ouetehuis is baie opgewonde oor die skenking van Shoprite.Foto’s: theo jeptha  ~ 
mooi so: Al die senior burgers en werkers van die Gelvan Park Frail Care-ouetehuis is baie opgewonde oor die skenking van Shoprite.Foto’s: theo jeptha
opgewonde: Van links is Ronelle Plaatjies (care giver), Anne Rockman (88) sit voor haar in die rolstoel. Langsaan sit Bernadine Bailey (care giver), Mita Charles (67) en Jerome Cobb (Shoprite Standford Square takbestuurder), en Christine Richards (70) sit regs in die rolstoel.

SENIOR BURGERS van die Gelvan Park Frail Care-tehuis in die Baaise Northens was Woensdag vol glimlagte toe Shoprite hulle bederf het met inkopies ter waarde van R9 277.

Dít was nadat Dennis Bellairs, die ouetehuis se voorsitter, vroeër bevestig het dat daar ’n finansiële krisis by die tehuis is.

Dit gaan al maande broekskeur daar weens te min fondse.

Bellairs sê die departement van maatskaplike ontwikkelinge gee nie bydraes vir hul inwoners nie.

Shoprite se Esmeralda Essex het Woensdag die skenking oorhandig. Dít was nadat sy Son se berig gelees het oor die finansiële krisis by die ouetehuis.

“Ons wou dadelik inspring om te help en dit pas mooi in by Shop­rite se #YellowPacketChallenge.”

Volgens haar moedig hulle mense oral in Suid-Afrika aan om ’n ekstra pakkie met belangrike items te koop en dit vir iemand anders te skenk.

Essex sê hulle het items soos eiers, brood, melk, vleis, aartappels, pap en botter gekoop.

“Ons het vanoggend (Woensdagoggend) die inkopies gaan doen by die Stanford Square Shoprite.

“Jerome Cobb, die takbestuurder, het ook saamgekom vir vandag (Woensdag) se oorhandiging.”

Christine Richards (70), ’n inwoner van die ouetehuis, is vreeslik opgewonde oor die lekker kos wat nou vir hulle voorlê.

“Dit het maar broekskeur gegaan hier en ons het partykeer min kos gekry weens die ouetehuis se situasie.”

Bellairs sê verder aan Son hy is baie dankbaar vir die skenking wat hulle gekry het.

Son het vroeër berig die ouetehuis moet ten minste R50 000 per maand insamel om dinge aan die gang te hou.

Die ouetehuis het ook baie verpleegsters, carers en personeellede. Volgens Bellairs gebruik hulle 60% van hul maandelikse begroting net om salarisse te betaal.

’n Lys navrae is op 3 Junie aangestuur en nog ’n e-pos is gister gestuur, maar Son het geen terugvoer gekry nie.

Ná vier oproepe en ’n voicemail-boodskap het Mzukisi Solani, die woordvoerder van die Oos-Kaapse departement van maatskaplike ontwikkeling, se foon net gelui.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters