23 dae gelede
Skelm skiet taxi driver
Kol. Priscilla Naidu  ~ Foto Verskaf

’N TAXI driver is gewurg en in die skouer gewond toe booswigte hom oorrompel het.

Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê Saterdag omstreeks 19:45 het die 47-jarige driver gegaan na ’n adres in Alexander Road in Newton Park om ’n klant op te laai.

Toe hy by die betrokke adres stilhou, het twee mans by die agtersitplekke van die voertuig ingeklim.

Volgens Naidu het een van die mans die driver met ’n tou probeer wurg.

Die klaer het terugbaklei, waarna die verdagte ’n skoot deur die sitplek afgevuur het. Die koeël het die driver in die skouer getref.

Sy sê die klaer het op sy aanvallers geskiet. Die aanvallers het toe uit die taxi gespring en weggehardloop.

Bors

Terwyl die polisie besig was op die toneel, het hulle inligting ontvang van twee mans met skietwonde wat by ’n hospitaal is.

Die verdagtes – een met ’n skietwond in die bors en die ander een met ’n skietwond in die arm – is toe in hegtenis geneem.

Volgens Naidu is die verdagtes van Schauderville.

Hulle verskyn na verwagting binnekort in die hof op klagte van poging tot roof en poging tot moord.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters