Verlede maand
‘Sit sy killers agter tralies
Jaydin Pillay FOTO VERSKAF  ~ 

DIE girlfriend van ’n bekende taxi driver van Helenvale in die Baai is upset dat sy moordenaar(s) nog nie gevang is nie.

Op Vrydag 13 September het Jaydin Pillay (31) op sy balcony in Chamoisweg gestaan.

Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, het bevestig Pillay is omstreeks 05:30 noodlottig in die kop geskiet.

Kinders

Volgens Naidu is die motief en die verdagte(s) onbekend en die skietvoorval was nie bendeverwant nie.

Die Gelvandale-polisie het ’n saak van moord geopen.

Sheniel Nelson (30), Pillay se meisie van ag jaar, sê hulle twee jong kinders sit nou sonder ’n pa.

Die derde kind het ’n ander pa, maar Pillay was ook vir haar soos een.

“Ek het daardie oggend op die kooi gelê toe Jaydin my gevra het waar sy tandeborsel is,” onthou Nelson.

“Hy het reggemaak om te gaan werk. Ek het vir hom gesê hy het dit daar bo vergeet en hy het toe by die trappe opgegaan.”

Sy het nog gehoor hoe hy van die balcony af die neighbour roep om te sê hulle transport sou binnekort opdaag.

“Toe hoor ek net een skoot afgaan.

“Ek het gaan kyk en gesien hoe lê hy daar met een skoot in die kop.

“Hy het nie meer gelewe nie. Ek was in skok.

“Iemand het die ambulans en polisie gebel.”

Nou, ’n bietjie meer as drie weke later, sê Naidu geen arrestasies is nog gemaak nie.

“As dit (die arrestasie) dan so lank vat, gaan dit ooit gebeur? Ek is baie ontsteld hieroor,” verduidelik Nelson.

“Ons kinders mis hom vreeslik. As hulle huil, trek ek saans sy sweaters­ vir hulle aan sodat hulle sy reuk kan ruik, dan is hulle kalmer,” erken Nelson.

Bedags is Nelson heeltyd rondom mense om haar mind van die gebeure af te lei, maar sy mis hom veral sodra dit donker raak.

“Hy het hard gewerk vir ons – hy was die enigste broodwinner in die huis,” verduidelik sy.

“Ek het verlief geraak op sy mooi smile.

“Ek het nou nog slapelose nagte.”

Nelson verduidelik Pillay het maklik 200 vriende gehad en het gewoonlik sy gesin bederf deur hulle strand en The Boardwalk toe te vat.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters