6 maande gelede
‘Sit foon jammers in tronke’
DENNIS BLOEMFoto: NETWERK24  ~ 

SELFOON jammers moet dringend by tronke in die land ingestel word.

Só het die Congress of the People (Cope) die departement van korrektiewe dienste versoek.

Dit het die naweek aan die lig gekom dat die vermeende sekspes-pastoor Timothy Omotoso uit sy enkelsel videokonferensies met sy gemeentelede landwyd gehou het. Hy is tans verhoorafwagtend in die St. Albans-tronk.

Die departement ondersoek bewerings van voorkeurbehandeling vir Omotoso.

In nog ’n onlangse voorval is ’n groot aantal selfone in ’n raid in die Johannesburg-Sentraal-gevangenis gevind.

Ysberg

Die nasionale woordvoerder van Cope, Dennis Bloem, sê gevangenes gebruik sel­fone om onwettige aktiwiteite buite die tronk voort te sit.

“Die groot aantal selfone wat in ons tronke gevind is, is net die punt van die ysberg.

“Daar is geen twyfel dat selfone in alle tronke is nie.

“Ons kan nie verstaan ??waarom dit vir die departement van korrektiewe dienste so moeilik is om hierdie jamming-tegnologie te installeer nie.”

Bloem sê Cope sal ’n dringende vergadering met Michael Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste, oor die kwessie versoek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters