11 dae gelede
Sewe jaar vir ou wat ouma rape
Foto:  ~ 

’N OOS-Kaapse man is sewe jaar tronkstraf opgelê nadat hy ’n ouma op Kersdag verkrag het.

Die 38-jarige Xolisile Nkuzwana is Maandag in die landdroshof in Centane skuldig bevind en gevonnis.

Die verkragting het op 25 Desember 2016 in die Thafalofefe-lokasie in die Zingcuka village in Centane gebeur.

Kapt. Jackson Manatha, ’n polisiewoordvoerder, sê tydens die voorval was die 76-jarige ouma alleen by die huis en die elektrisiteit was af.

Uitken

Omstreeks 01:00 het Nkuzwana die ouma oorval en haar verkrag. Toe die vrou geskree het, het hy haar met ’n mes gedreig.

“Terwyl Nkuzwana nog besig was om die vrou te verkrag, het die krag aangegaan. Die vrou kon toe vir Nkuzwana uitken as haar aanvaller.”

Nkuzwana het egter kort daarna van die toneel gevlug. Maar nie lank nadat die saak by die Centane-polisiestasie aangemeld is nie, is hy opgespoor en gearresteer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters