13 dae gelede
Seun sterf ná taxi twee tref
kol. Priscilla NaiduFoto: son  ~ 

’N VYFJARIGE seun is dood en sy ma is in ’n kritieke toestand nadat ’n minibus-taxi hulle Sater­dagmiddag in Stand­fordweg in Gelvan­dale raak gery het.

Volgens die polisie se inligting het die 35-jarige ma die kind gedra. Sy het oor die pad probeer stap.

Die driver van ’n bakkie wat in die rigting van Port Elizabeth op pad was, het gesien die ma steek die pad oor.

Die ma het toe van plan verander en teruggehardloop.

Aangelê

Volgens kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, is die kind in die hospitaal oorlede.

Niemand in die minibustaxi is beseer nie.

’n Dossier van strafbare manslag is aangelê.

  • Gisteroggend vroeg is ’n vrou dood nadat sy in Beach­ Road in Somerstrand raakgery is.

Naidu het gesê die vrou, Hester Hilda Hammond, het vermoedelik oor die pad gestap toe ’n BMW haar getref het.

Hammond was in haar 40’s en was ’n bewaarder by die St. Albans Korrek­tiewe Sentrum.

Volgens Naidu het die voertuig vanaf Somerstrand in die rigting van Koningstrand gery.

Dronkbestuur

Die 42-jarige bestuurder is in aanhouding.

Aanklagte van dronk­bestuur en strafbare manslag staar die verdagte in die gesig.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters