3 maande gelede
Seun gevind; ander man is nog witweg
Mlungisi SalosoFOTOVERSKAF  ~ 

’N SEUNTJIE (7) is ongedeerd nadat hy vermis geraak het.

Kapt. André Beetge, ’n polisiewoordvoerder, sê Philasande Gilibi se 68-jarige ouma het hom Dinsdag 23:00 as vermis aangemeld.

Die ouma het gesê sy’t Philasande 14:00 laas in Gaikastraat in KwaZa­khele gesien speel.

Beetge sê toe die ouma omstreeks 22:00 van ’n Vrouedag-seremonie teruggekeer het, het sy besef haar kleinkind is missing.

Sy het die polisie onmiddellik daarvan laat weet.

Die polisie het opgedaag en navraag gedoen by vriende en familie, maar niemand het geweet waar Philasande is nie.

Hulle kon ook nie sy ma opspoor nie. Dis toe dat die polisie alle moontlike wegkruipplekke gecheck het.

Woensdagoggend het die cops Philasande se skool besoek om sy klasmaats te ondervra.

Ondersoek

Beetge sê Philasande se ma is Woensdagoggend opgespoor. Sy het die polisie na die seun se pa in Motherwell gelei. Hy is veilig daar aangetref.

Beetge sê die pa het die ouma nie in kennis gestel van die kind se whereabouts nie. Die voorval word nou ondersoek.

  • ’n Man wat ongelukkig steeds vermis is, is Mlungisi Michael Saloso.

Sy girlfriend het hom Dinsdag 17:30 as vermis aangemeld.

Sy sê sy het Saloso 17:00 op 1 Augustus laas by haar huis in Skefilestraat, KwaZakhele, gesien.

Beetge sê Saloso is op krukke omdat sy linkerbeen bo die knie afgesit is.

Enige een wat die polisie kan help om Saloso op te spoor, kan die KwaZakhele-polisiestasie bel by 082 470 3134 of die polisie se Crime Stop-sentrum by 08600 10111.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters