6 maande gelede
Ses soek geld: Skoot eis victim
'n Man is dood nadat hy in die bors geskiet is.  ~ 

COPS by die Mountweg Polisiestasie soek inligting wat verband hou met ’n moord en roof wat eergistermiddag in die Baai plaasgevind het.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg. ’n polisiewoordvoerder, sê Maandag omstreeks 13:00 was drie mans in ’n Quantum-minibus op pad na ’n bank in ’n mall.

Toe die voertuig op die hoek van C.J. Langenhoven-rylaan en Norvic-weg stilhou, het ses verdagtes hulle gekonfronteer – drie elk het aan weerskante van die bussie gestaan.

Oorhandig

Een ou het ’n vuurwapen gehad. Janse van Rensburg sê een van die mans het toe die deur aan die bestuurderskant oopgemaak en op geld aangedring.

Nie een van die insittendes het op dié demand gereageer nie. ’n Skoot is toe afgevuur en Abdul Kieran Haroon (35) is in die bors getref.

’n Passasier wat langs hom gesit het, het toe ’n onbekende bedrag aan die booswigte oorhandig.

Kort nadat die verdagtes te voet gevlug het, is die beseerde Haroon na ’n nabygeleë hospitaal gerush, waar hy gesterf het.

Vertroulik

Daar is later vasgestel die trio het vanaf Korsten gery om geld te gaan deposit.

Enigeen wat die polisie kan help om die verdagtes op te spoor, kan die Mountweg Polisiestasie bel by 041 394 6243 of die naaste polisiestasie kontak. Die Stop Misdaad-lyn kan ook by 086 001 0111 gebel word. Alternatiewelik is die MySAPS app wat op smartphones gedownload kan word, ook beskikbaar.

Alle inligting sal vertroulik gehanteer word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters