2 jaar gelede
Ses dood in N2-ongeluk
 ~ 

SES mense, waaronder drie kinders, is Maandag in ‘n ongeluk op die N2 tussen Grahamstad en Port Elizabeth dood terwyl twee ander beseer is.

Volgens Kapt. Mali Govender, ‘n polisiewoordvoerder, blyk dit dat die bestuurder van ‘n silwer motor met ‘n sleepwa om ‘n skerp draai beheer oor die voertuig verloor.

Drie kinders en drie mans is dood. Twee vroue, waarvan een in ‘n kritieke toestand is, is na die hospitaal gehaas.

‘n Klag van strafbare manslag is geopen. Die oorsaak van die ongeluk vorm ook deel van die ondersoek.

Brig. David Kanuka, bevelvoerder van die Grahamstad-polisiegroepering, het sy medelye met die familie uitgespreek. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters