13 dae gelede
Selfmoorde in Baai bekommer polisie
adhd meds a suicide risk
Die aantal selfmoorde in Nelson Mandelabaai bekommer die polisie.  ~ iStock

DIE polisie in Nelson Mandelabaai is bekommerd oor die aantal selfmoorde wat die afgelope paar maande plaasgevind het.

Meer as 35 geregtelikedoodsondersoeke is die laaste drie maande vir selfmoorde geopen.

Kol. Prisiclla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die algemene ouderdomsgroep is tussen 20 en 39 jaar oud.

Sy sê in gevalle waar mense ouer as 60 jaar oud is, is daar vasgestel meeste van hulle het alleen gewoon. In meeste gevalle regoor die stad en omliggende gebiede het die mense ook nie 'n selfmoordbriefie agtergelaat nie.

Die polisie moedig ouers, familie, vriende en werkgewers aan om ingelig te wees oor selfmoordneigings. Familie en vriende word verder aangemoedig om gedurende die feesseisoen in gereelde kontak met bejaardes te wees.

Ouers word ook aangeraai om nie bang te wees om met kinders te praat wanneer hulle deur 'n moeilik tyd gaan nie. - Algoa FM


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters