Verlede maand
Sekskapades kom uit in hof
Past.Timothy Omotoso.  ~ Deon Ferreira

SY HET geen weerstand gebied of enige afkeur gewys gedurende haar seksuele encounters met die vermeende “sekspes-pastoor” Timothy Omotoso nie.

Só het Peter Daubermann die eerste getuie in dié hofsaak gister gelei om te getuig.

Omotoso pleit saam met sy twee medebeskuldigdes, Lusanda Sulani en Zukiswa Sitho, onskuldig op altesame 97 aanklagte van onder meer mensehandel, verkragting, ontvoering en rampokkery.

Andisiwe Dike (30), ’n Oos-Londenaar wat ook vir ’n ruk in Omotoso se sendinghuis in Durban gewoon het, het gister in detail getuig oor haar en Omotoso se seks­kapades in sy kamer in dié mission house.

Dike het onder kruisondervraging gesê sy en Omotoso was alleen in sy slaapkamer toe sy daarheen gegaan het om hom te groet.

Volgens haar het hy haar aangesê om die kamerdeur te sluit, waarna sy voor hom gaan kniel het.

Sy getuig Omotoso het met sy hand ’n gebaar gemaak dat sy langs hom op die bed moet kom sit – wat sy toe gedoen het.

Volgens Dike het Omotoso toe sy regterhand gevat en aan haar linkerbors begin vroetel.

Sy sê hierna het hy op haar gelê – soveel so dat sy sy penis kon voel. Volgens haar was sy en die pastoor ten volle geklee.

Dike sê Omotoso het toe seksuele bewegings gemaak terwyl hy bo-op haar gelê het. Sy sê ná dit het hulle mekaar gehug en toe gebid.

Volgens Dike het Omotoso haar ’n ander keer gevra om sy voete te masseer.

Sy sê hy het haar by dié geleentheid ook gevra om die kamerdeur te sluit.

Volgens Dike het sy met haar bene gekruis op die bed gesit en Omotoso se voete gemasseer terwyl hy in daai stadium in ’n sit-lê-posisie op die bed was.

Dike sê dis toe dat Omotoso haar gekruisde bene met sy hande oopmaak. Volgens haar het hy toe sy bene tussen haar bene geplaas.

Dike getuig Omotoso het aan haar gesê sy kan aan enige plek aan sy lyf vat.

Volgens haar het sy hom gemasseer tot by sy knieë en dan weer terug na sy voete.

Dike sê ewe skielik het Omotoso haar met sy hande om haar ribbekas gegryp en haar na hom toe getrek.

Volgens Dike het Omotoso haar toe beveel om haar onderklere uit te trek – wat sy toe gedoen het.

Sy sê toe sy op haar rug lê, het hy bo-op haar kom lê. Volgens Dike het sy in daardie stadium ’n rok aangehad.

Dike sê sy het gedink Omotoso gaan weer seksuele bewegings bo-op haar maak soos die vorige keer.

Volgens Dike kon sy nie sien of Omotoso klere aan sy onderlyf gehad het nie omdat dit met ’n kombers bedek was.

Lippe

Sy sê selfs toe hy bo-op haar gaan lê, kon sy nie agterkom of sy onderlyf bedek was nie.

Volgens Dike het Omotoso sy penis tussen haar skaamlippe gevryf tot by haar vagina.

Sy sê daarna het hy oral oor aan die buitekant van haar skaamdele geëjakuleer.

Volgens haar het hy haar toe gesê om ’n handdoek in die badkamer te gaan haal.

Sy sê sy het haarself ook afgevee.

Volgens haar het Omotoso haar toe ’n drukkie gegee en toe bid hulle weer.

Dike getuig dié seksuele encounters het weekliks of tweeweekliks gebeur. Sy sê hy het elke keer geëjakuleer wanneer hy seksbewegings bo-op haar lyf uitgevoer het.

Dike sê wanneer Omotoso seksuele bewegings op haar uitgevoer het, het hy sy penis beheer deur sy heupe te beweeg. Sy sê sy penis was dan styf.

Volgens haar het hy nooit haar vagina gepenetreer nie.

Sy sê wanneer hy die seksbewegings maak, dan lê hy met sy bors op haar bors met sy hande agter haar rug.

Dike sê dit was seer en ongemaklik wanneer Omotoso op haar bors gelê het.

Die saak dien voor regter Irma Schoeman.

Adv. Nceba Ntelwa, by­gestaan deur adv. Ismet Cerfontein, kla aan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters