Verlede jaar
Scammers misbruik Bevin se status
pasop: Bevin Samuels waarsku op Facebook dat scammers sy naam gebruik om geld te kry. Foto: theo jeptha  ~ 

DIE Baai se eie Idols-ster Bevin Samuels (19) waarsku dat scammers sy naam gebruik om geld in te samel, kastig vir ’n sangtoer in Spanje.

Samuels het vroeër dié week op Facebook bevestig dat dié kroeks sy naam gebruik om geld te maak uit niksvermoedende slagoffers.

Op Facebook skryf hy: “Daar is mense wat met ’n lys in die northerns rondloop. Hulle gee voor hulle is lede van die Team Bevin Crew.

“Hulle soek geld vir ’n sangtoer in Spanje. Dit is onwaar.”

Bevin Samuels Foto: facebook
pasop: Bevin Samuels waarsku op Facebook dat scammers sy naam gebruik om geld te kry. Foto: theo jeptha

Samuels vra dat mense hom dadelik via Facebook moet inlig wanneer ’n scammer by hul voordeur opdaag.

Dié jong man van die Baai se northerns het onlangs onder die top-ses in die Idols-kompetisie geëindig.

Samuels is so gewild in die Baai dat hy skaars geland het, of hy is vol bespreek vir events.

Team Bevin se Facebook-lede is baie omgekrap oor die scam.

Ashley Ross sê sulke mense hoort agter tralies.

Abigail Matroos sê Bevin moet ’n goeie prokureur spreek en ’n saak teen hulle maak.

Vinolia Daniels meen mense is deesdae desperaat om geld te maak.

Vuyo Vuyolwethu voel dat vir sulke mense gebid moet word.

Vuyolwethu skryf: “Bevin, moenie daaroor worry nie; ons ondersteun jou en staan steeds 100% agter jou.”

Tamrin Jonkers herinner mense daaraan dat scammers gereeld sulke kanse waag. Jonkers skryf: “Hulle het dieselfde ding laas jaar met iemand anders gedoen.”

Ál wat Samuels se antie, Zaakira Allen, kon sê, is dat die saak aangemeld is by ’n agentskap wat hom verteenwoordig.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters