Verlede maand
Sassa-werkers vas vir bedrog
SASSA
Vier Oos-Kaapse Sassa-werkers is in hegtenis geneem vir bedrog van meer as R5 miljoen.  ~ 

VIER werkers van Sassa in die Oos-Kaap is in hegtenis geneem vir bedrog.

Die data-opvangers is Donderdag deur lede van die Valke op verskeie plekke in hegtenis geneem. 

Daar word beweer dat hulle in Maart 2019 die opdrag gekry het om toelaagbetalings goed te keur. 

EWN berig meer as 1 000 betalings van meer as R5 miljoen is toe op een dag goedgekeur.

Dit het die aandag van Sassa-base getrek, wat toe die saak ondersoek het. 

Die betalings is uiteindelik gevries.

Daar is bevind dat ander transaksies wat deur die vier geverifieer is vals was.

Volgens die Valke het die verdagtes 'n handlanger in Durban gehad, wat blykbaar meer as 400 mense geteiken het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters