4 maande gelede
Sassa-hoë geskors oor bewerings
sassa
'n Top Sassa-amptenaar in Oos-Kaap is voorlopig geskors.  ~ Foto ter illustrasie: Netwerk24

SASSA het hul streeksbestuurder in die Oos-Kaap voorlopig geskors weens bewerings van seksuele teistering.

Die maatskappy het Maandag in 'n verklaring gesê 'n ondersoek na die bewerings is ook onmiddellik gelas.

Totsie Memela, Sassa se uitvoerende hoof, sê die skorsing is 'n voorsorgmaatreël om te verseker daar word nie by die ondersoek ingemeng nie.

Memela het beklemtoon Sassa verbind hulle daartoe om alle werkers veilig te laat voel en gelyk te behandel.

Daarom is 'n interne bewusmakingsveldtog begin om werknemers oor seksuele teistering en hul regte op te lei. - AlgoaFM

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters