9 dae gelede
Sakeroof: Wees op die uitkyk, maan polisie
police
(Photo: Getty Images)  ~ 

DIE polisie in die Baai doen ’n beroep op sake-eienaars om meer security conscious te wees.

Dít nadat die cops in die Mountweg-polisiegroep laas week drie voorvalle in twee dae gehad waar ondernemings beroof is.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, ’n polisiewoordvoerder, sê die eerste voorval het Donderdag net ná 12:30 by ’n tavern in Suloweg in Walmer gebeur.

“Vyf onbekende mans het die tavern met vuurwapens beroof. Drank en kontant is gesteel.”

Later dieselfde dag is nog ’n besigheid in Korsten beroof. Hier het die verdagtes kontant en ’n voertuig gesteel.

Teruggekeer

Die voertuig is later verlate in New Brighton gevind. In nog ’n voorval is ’n drank­winkel Vrydag omstreeks 11:30 in Walker Drive beroof.

“Die klaer en ’n medewerker was agter die toonbank toe hulle airtime aan ’n onbekende man verkoop het. ’n Rukkie later het hy na die winkel teruggekeer met nog ’n man.

“Nog twee mans het in die winkelgange rondgeloop.

“Die mans het toe na die counter gegaan, ’n vuurwapen op die klaer en haar medewerker gerig en kontant geëis.

“Nadat die verdagtes kontant gevat het, het hulle in ’n grys Nissan NP 200-bakkie met getinte vensters gevlug.”

Die polisie doen nou ’n beroep op besighede om uit te kyk vir mense wat te lank in winkels rondhang sonder om enigiets te koop.

“Dit is belangrik om veiligheidstelsels te upgrade sodat hulp geroep kan word sodra die rooftog begin. Tref ook reëlings met jou security company­ om gereelde patrollies daar te doen, veral op stil tye van die dag en nag.

“Dis in dié tye dat rowers dikwels toeslaan.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters