13 dae gelede
Saam in afsondering 'soos tweede wittebrood'
Valerie en Jacob Bruiners, wat saam by die isolasiegerief was. Foto: Verskaf  ~ 

'N KAAPSE egpaar wat van Covid-19 herstel het, sê hulle tyd saam in 'n afsonderingsfasiliteit was soos 'n tweede wittebrood. 

Jacob en Valerie Bruiners, wat al 35 jaar getroud is, sê hulle liefde vir mekaar het daar sterker geword.

Alan Winde, Wes-Kaapse premier, wat self onlangs Covid-19 opgedoen het, het die egpaar se storie op sosiale media gedeel.

Jacob (67) het aan hom vertel hoe die plek van afsondering rolstoel-vriendelik was en hoe behulpsaam die personeel was.

Valerie (71) voeg by dat die drie gesonde maaltye wat hulle bedags gekry het, so baie was dat hulle besluit het om die kos te deel en nie te mors deur die tweede bord oop te maak nie.

Jacob, wat in ’n rolstoel is en diabetes en hipertensie het, sê hy het positief getoets nadat hy asemhalingsprobleme by hul huis in Surrey Estate ondervind het.

Hy het toe besluit om na ’n afsonderingsfasiliteit te gaan.

Valerie het ook daarna positief getoets en werkers van die Wes-Kaapse departement van gesondheid het besluit dat sy by Jacob moet aansluit.

- DispatchLive

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters