25 dae gelede
Rowers pose as lovers
rowers was hier Foto:HEMINGWAYSMALL.CO.ZA  ~ 

’N VERMETELE “paartjie” het hulle voorgedoen as verliefdes en Donderdag in Oos-Londen ’n juwelierswinkel beroof.

’n Tak van Browns Jewellers in die Hemingways Mall is onkant gevang toe dié paartjie, wat voorgegee het hulle soek ’n verloofring, pistole uitruk en voortgaan om die winkel te beroof van waardevolle juwele.

Kapt. Mluleki Mbi, ’n polisiewoordvoerder, sê nog drie mans het hulle by die paartjie aangesluit en die rooftog uitgevoer.

“Hulle het personeellede ge-gunpoint en die juwele in sakke gelaai voordat hulle gevlug het. Geen skote is afgevuur nie en niemand is beseer nie,” sê Mbi.

Mbi voeg by die personeel is in die stoorkamer ingehok.

Niemand is tot dusver gearresteer nie. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters