2 maande gelede
Rowers gryp R500 000 se juwele
Die polisie in Gqeberha ondersoek ’n gewapende rooftog nadat vier mans juweliersware ter waarde van ’n halfmiljoen rand by Baywest Mall gesteel het.  ~ verskaf

VIER mans het juweliersware ter waarde van R500 000 by Baywest Mall in Gqeberha gesteel.

Die verdagtes het Sondag kort voor middagete die winkelsentrum binnegegaan voordat twee van hulle 'n juwelierswinkel op die boonste verdieping ingegaan. Hulle het toe die personeellede met vuurwapens gedreig en beveel om 'n sak vol te maak met juweliersware uit die vertoonkas.

'n Polisiewoordvoerder, kol. Priscilla Naidu, sê toe die mans ontsnap het, is hulle by die uitgang deur 'n veiligheidswag gestop en 'n skoot is op hom afgevuur.

Naidu sê die wag is nie beseer nie, maar die verdagtes het daarin geslaag om te ontsnap in 'n BMW wat verlede maand in Edenvale, Gauteng, as gesteel aangemeld is.

Naidu sê die Humansdorp se K9-eenheid het vinnig reageer en die voertuig is omstreeks 12.35 op die N2 afgetrek.

Sy sê net een verdagte was in die motor en is in hegtenis geneem.

Die 35-jarige het 'n vuurwapen met afgevylde reeksnommers in sy besit gehad, asook een ring wat nog 'n pricetag op gehad het.

Daar word beweer dat die drie ander verdagtes naby Thornhill afgeklim en in 'n silwer Toyota Conquest gevlug het.

Die polisie het gemeenskappe gewaarsku om hulle daarvan te weerhou om vermoedelik gesteelde eiendom te koop, aangesien hulle ook vervolg sal word. - Algoafm

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters