12 dae gelede
Rower tot 15 jaar gevonnis
foto terillustrasie  ~ 

DIE man wat vroeër vanjaar in ’n rooftog ’n bejaarde vrou aangerand en haar hond doodgesteek het, is tot 15 jaar agter tralies gevonnis.

Margarita Peo (85) is op 9 Januarie in haar huis in Gordon Terrace in Sentraal aangeval.

Enkele dae later is Fezile Mali (26) in hegtenis geneem vir die huisroof.

Mali is in die Port Elizabeth-landdroshof tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir huisbraak met die doel om te roof en roof met verswarende omstandighede.

In die rooftog het Peo verskeie frakture aan haar gesig en nek opgedoen. Haar mond en tong was ook só erg opgeswel dat sy nie kon praat nie.

Die aanval het gebeur toe Mali en ’n tweede man by Peo se flat agter die hoofhuis ingebreek het.

Skuifdeur

Die ander inbreker is tot vandag toe nog nie gearresteer nie.

Nadat hulle by die skuifdeur ingegaan het, is Peo aangesê om stil te bly, waarna hulle waardevolle items geëis het.

Daarna is Peo aangerand en gewurg. Haar hande en voete is ook toe vasgebind.

Peo se worshondjie is deur die aanvallers doodgesteek.

Mali sal sy tronkstraf in die St. Albans-gevangenis in die Baai uitdien.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters